WAT SÊ YAHWEH VIR SY EINDTYD VOLK IN YERMEYAHU 31?
1. Met my liefde en my goedertierenheid sal Ek vir al die geslagte en families en splintergroepe van Yisrael ‘n Elohim wees en hulle sal vir my ‘n volk wees - vers 1-3
Ek gee vir jou rus (“raga” = to experience calmness after being tossed violently)
2. Ek sal julle weer bou en versier (maak tot iets wat mense se aandag sal trek) en vreugde in oorvloed skenk (sodat jy sal dans en speel en lag) - vers 4-5.
Ek sal jou weer opbou (“bana” = to repair, to establish, to make permanent)
3. Almal sal weet dat julle Nasareners is, verlosdes uit Efraim en Jakob, die oorblyfsel van Yisrael, die eersteling van die nasies, bestem om in Tsion te gaan woon - vers 6-7.
Ek skenk verlossing (“yasha” = to protect, to make safe, to make free)
4. Ek sal my afgesonderde gemeente van die uithoeke van die aarde bymekaar laat kom en hulle rou en ellende sal in vreugde en seën verander- vers 8-14.
Ek versamel ‘n gemeente (“kahal” = to convoke, to call together, to set apart)
5. Dis nie net julle wat bedroef is nie, Ek is ook bedroef - Ek wag angstig dat julle na My toe sal terugkeer - vers 15-21.
Ek verlang bekering (“shuv” = to return to the starting point)
6. Ek gaan iets doen wat so nuut en ongehoord en kragtig is dat dit nie eens meer nodig sal wees om mekaar te leer en te vermaan en aan te spoor nie - vers 22-34. (**)
Ek doen iets nuuts (“chadash” = to renew, to refresh, to repair)
7. So seker as die son en die maan en die sterre en die see nou bestaan en altyd sal bly, so seker sal Ek my beloftes teenoor my volk nakom - vers 35-40.
Ek is Yahweh (“hayah” = to be the same, to exist, to cause to happen, to continue)
** Drie moontlike verklarings van “die vrou sal die man omring, aanhang, vergesel” (vers 22):
A. ‘n Vrou (of ‘n maagd) sal aan ‘n Magtige geboorte gee (verwysend na Messias)
B. ‘n Vrou (as die swakkere, verwysend na Yisrael) sal die man (as die sterkere, verwysend na Yisrael se vyande) omsingel, oorwin.
C. ‘n Vrou (verwysend na die oorblyfsel van Yisrael, die jonkvrou van Yisrael - vers 21) sal die man (verwysend na Yahweh, die “man” van Yisrael - vers 32) aanhang (bedoelende: uit haar eie uit, sonder om alewig van Hom af weg te beur), as gevolg van die uitwerking van die nuwe verbond.