HOE LYK DIE WAARHEID WAARVAN DIE WOORD PRAAT?
Meeste van ons sal saamstem met die woorde van die apostel Johannes: “Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat (mense) in die waarheid wandel” (3 Joh 1:4). As ‘n mens op ‘n dag ontdek dat die profeet Yermeyahu se woorde ook in ons dag geld en dat ons “net leuens van ons vaders geërf” het (Jer 16:19), is die waarheid waarlik soos ‘n vars bries en soos ‘n stroom lewende water. Die vraag is egter: Wat maak ons met die waarheid? Hoe hanteer ons die waarheid? Is ons waardige draers van die waarheid? ‘n Mens kan selfs ‘n stappie verder gaan en die vraag vra: Verstaan ons werklik wat die Skrif met waarheid bedoel? Hierdie vrae is baie belangrik, want ons kan so maklik die Een wat in die Skrif as die Waarheid voorgehou word, uit die oog te verloor en op “issues” fokus, in plaas van te fokus op die Een na Wie al hierdie “issues” eintlik heenwys. Ons kan so maklik die fout maak (en daar is reeds aanduidings dat dit binne die Messiaanse gemeenskap gebeur) om die geloofwaardigheid van ons kosbare boodskap in die slag te laat bly omdat ons eiesinnig, onverdraagsaam, vleeslik ingestel, twisgierig en liefdeloos is. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor die waarheid van die Woord en teenoor die Waarheid wat ons vrygekoop met sy eie bloed, om in hierdie opsig ware en getroue navolgers van die Messias te wees.
Die meegaande uiteensetting is ‘n ondersoek na gedeeltes in die Skrif wat oor die waarheid handel. Die vraag waarop ons hiermee ‘n antwoord probeer kry, is nie “Wat is die waarheid” nie, maar “Wat gaan, volgens die Skrif, saam met die waarheid”. Die waarheid kan nooit in isolasie hanteer word nie. Om gesante van die waarheid te wees, behoort ons nie net na die “wat” van die waarheid te kyk nie, maar ook na die “hoe”.
1. Geregtigheid, Opregtheid, Gehoorsaamheid - Ps 15:2; Ps 19:9 (10); Ps 51:6 (8); Jes 48:1; Jes 49:14; Jer 4:2; Jer 5:1; Sag 8:16; 1 Kor 5:8; 1 Kor 13:6; 2 Tess 2:12; 1 Joh 2:4
2. Woorde van wysheid, genesing - Spr 12:17-18; 1 Tim 6:3-5
3. Vrede; eenheid en eensgesindheid - Sag 8:19; Joh 17:12; 2 Tim 2:25; 2 Tim 3:1-7
4. Sien die persoon van die mens nie aan nie - Matt 22:16; Mar 12:14; Luk 20:21
5. Guns, goedheid, liefde, bereidheid om te vergewe - Joh 1:14,17; Efes 4:15; 1 Pet 1:22
6. Wandel in die lig (nie net woorde) - Joh 3:21; Efes 5:8-9; 1 Joh 3:18
7. Dien Yahweh in gees en waarheid - Joh 4:23-24; Gal 3:1-3; Gal 5:6-7
8. Vryheid om Yahweh ongekompliseerd as Vader te dien - Joh 8:32; Gal 2:4-5
9. Yahshua is die waarheid - Joh 14:6; Joh 15:26; Joh 16:13-14; 1 Tim 2:4-5
10. Afgesonderde lewenswandel; vrug dra - Joh 17:19; Kol 1:6; Jak 3:13-18
11. Verbondenheid aan die Liggaam - 1 Tim 3:15; 2 Tim 2:15-20; 1 Joh 1:6-7
12. Toekomsgesentreerdheid - Efes 1:11-14; Kol 1:5; Tit 1:1-2