WAT SĘ DIE WOORD OOR ONS WANDEL VOOR YAHWEH?
Die woord vir "wandel" in die Tanach (Ou Testament) is: “halak”. Wanneer ‘n mens in Hebreeus van die “Halakah” praat, beteken dit: “The Way to Go”. Onder “halakah” word verstaan: wette, verordeninge, insettinge en riglyne wat bepaal hoe elke persoon in elke situasie voor Yahweh moet lewe. Daar is twee aspekte van wandel wat vir elkeen van ons van die uiterste belang is:
(1) YAHWEH VERLANG OM SELF IN ONS MIDDE TE WANDEL
(Net soos reg aan die begin toe Hy in die tuin gewandel het)
Lev 26:12 "En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n Elohim wees,
en julle sal vir My ’n volk wees."
(2) HY VERLANG EGTER OOK DAT ONS OP DIE REGTE MANIER VOOR HOM SAL WANDEL:
1. YAHWEH VERLANG DAT ONS VOOR SY AANGESIG SAL WANDEL. Gen 17:1 "Toe Abram negen-en-negentig jaar oud was, het Yahweh aan Abram verskyn en vir hom gesę: Ek is die Almagtige Elohim; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees."
2. YAHWEH VERLANG DAT ONS IN SY WEE SAL WANDEL. Deut 10:12 "En nou, Israel, wat eis Yahweh jou Elohim van jou as net om Yahweh jou Elohim te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hę en Yahweh jou Elohim te dien met jou hele hart en met jou hele siel"
3. YAHWEH VERLANG DAT ONS OPREG SAL WANDEL. Ps 15:1,2 "Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek"
4. YAHWEH VERLANG DAT ONS MET INTEGRITEIT SAL WANDEL. Ps 26:11 "Maar ék wandel in my opregtheid (Engels: “integrity”); verlos my en wees my genadig"
5. YAHWEH VERLANG DAT ONS IN WYSHEID SAL WANDEL. Spr 28:26 "Wie op sy eie hart vertrou, hy is ’n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered."
6. YAHWEH VERLANG DAT ONS IN SY LIG SAL WANDEL. Jes 2:5 "Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van Yahweh"
7. YAHWEH VERLANG DAT ONS NA DIE GEES SAL WANDEL. Rom 8:1 "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Yahshua die Messias is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees"
8. YAHWEH VERLANG DAT ONS WELVOEGLIK SAL WANDEL. Rom 13:13 "Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie"
9. YAHWEH VERLANG DAT ONS VOLGENS LIEFDE SAL WANDEL. Rom 14:15 "Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie"
10. YAHWEH VERLANG DAT ONS WAARDIG ONS ROEPING SAL WANDEL. Efes 4:1 "EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Meester, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is"
11. YAHWEH VERLANG DAT ONS IN YAHSHUA SAL WANDEL. Kol 2:6 "Soos julle dan Yahshua die Messias as Here aangeneem het, wandel so in Hom,"
12. YAHWEH VERLANG DAT ONS IN VREES SAL WANDEL. 1 Pet 1:17 " En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap"