DIE SUBTIELE VERDRAAIING VAN DIE WAARHEID DEUR DIE GEBRUIK VAN MISPLAASTE WOORDE

 

Kom ons neem ‘n skynbaar onskuldige sin soos die volgende:

 “Saterdag in die kerk het ons die Bybel geneem en uit die Nuwe Testament   van die kruisiging gelees”

 In hierdie sin is daar nie minder nie as vyf begrippe wat ‘n verdraaide prentjie van die waarheid van die Skrif weergee, nl. saterdag, kerk, bybel, testament en kruisig.

 ‘n Mens hoef nie ‘n graad in taalkunde te hê om ‘n gelowige te kan wees nie, maar as die taal wat ons gebruik die waarheid van die Woord en uiteindelik ons geloof ondermyn, moet ons ons woordeskat verander.  Wat is die probleem met hierdie vyf woorde?

 

Saterdag / Saturday

Meeste mense weet dat die name van die dae van die week wat ons gebruik van Romeinse oorsprong is en sommige van die afgode en keisers van die eertydse Romeinse Ryk verteenwoordig.  Omdat hierdie name egter so ingeburger is in ons daaglikse doen en late, sien meeste mense nie juis kans om van hierdie name afstand te doen nie.  Miskien moet ons ‘n slaggie weer besin ... veral wanneer dit kom by “Saterdag” die naam wat in die plek gekom het van ‘n dag wat in die Skrif die “Shabbat” genoem word. 

Die “Satur” van Saterdag kom van “Saturn” of “Saturnus” die vader van die Romeinse gode, soms genoem die Vader van Zeus (of Jupiter), ook bekend as Kronos en soms ook Baal genoem.  Hierdie Saturn of Kronos of Baal staan bekend as die eerte koning van Babilon.  Die antieke naam van Rome was Saturnia.  “Saturn” word ook dikwels as songod voorgestel en die oorsprong van “Kersfees” is dat dit eers deel was van die fees van Saturnalia, met 25 Desember, die verjaardag van die songod, as hoogtepunt.  Saturnus is ook bekend as Lateinos en altwee woorde hou verband met die begrip “the hidden one” or the “mysterious one”.  In Luk 8:17 sê die Messias dat alles wat verborge (“hidden”) is sal aan die lig gebring word.  Die verbintenis van “Saturn” met die mitologiese “Satur” figuur (half-mens, half-bok - vgl. Yesh 13:21 in die King James Vertaling) VERSTERK DIE VERMOEDE DAT “THE HIDDEN ONE” WAT AGTER DIE “SATER” VAN SATERDAG SKUIL, NIEMAND MINDER AS SATAN SELF IS NIE!

 

Kerk  (Church)

Dit is die woord wat normaalweg gebruik word as vertaling van die Griekse “ekklesia”.  Laasgenoemde woord beteken letterlik “hulle wat uitgeroep is” en is ‘n Griekse vertaling van die Hebreeuse “qahal” wat min of meer dieselfde gedagte weergee.  Wat beteken “kerk” en waar kom dit vandaan?  Sommige geleerdes sê dit kom van die Griekse woord “kuriakon” wat letterlik beteken die “huis van kurios”.  Kurios is die Griekse woord vir “here” of “meester”.  As dit waar is dat die woord “kerk” of “church” van die woord “kuriakon” afgelei is, kan ons nie met so ‘n vertaling saamgaan nie, want die Nuwe Verbond het nooit bedoel dat die “ekklesia” ‘n “gebou” of ‘n “plek” moet wees nie.  Boonop is die Naam van ons Meester nie “Kurios” nie.  Die woord “kerk” kom nie een keer in die Ou Afrikaanse vertaling van die Skrif voor nie.  Dit lyk egter meer waarskynlik dat “kerk” of “church” van die Anglo-saksiese “circe” afgelei is.  Wie of wat is “circe”?  Dit is die naam van die godin-dogter van Helios, die son-godin.  Die naam word uitgespreek as “kierke”. In Skotland staan “kerk” as “kirk” bekend en in Duitsland as “kirche”.  Die woord “circe” kan ook gesien word in verskeie Engelse woorde soos "circus", "circle", "circuit",  "circulate", en  "circumspect" bevat - almal woorde wat met rondheid (die vorm van die son!) te make het.  Skielik verstaan ‘n mens hoe deurdrenk die Christelike geloof met elemente van sonaanbidding is.

 

Bybel / Bible 

Dis ironies dat die woord “Bybel” nêrens in die Skrif as ‘n versamelwoord vir al die geskrifte van die Ou of Nuwe Verbond (of albei) gebruik word nie.  Die woord “Skrif” of “Skrifte” word egter meer as 50 keer gebruik as ‘n verwysing na die versameling van geskrifte wat as Woord van Yahweh gegeld het.  Die woord “Bybel” of “Bible” kom van die Griekse woord “Biblos” of “Biblia” wat “boek” of “boeke” beteken.  Die interessante is dat hierdie benaming vir die Skrif eers teen die jaar 400 na Messias vir die eerste keer gebruik is.  Is dit dan verkeerd om hierdie woord te gebruik?  Meeste sal sê: Nee, want “biblios” of “biblia” verwys na enige soort dokument wat eers op papirus geskryf is en via die Fenisiese hawestad Gebal (ook genoem: Byblos) ingevoer is.  Wat egter nie so bekend is nie (of bloot net nie vermeld word nie), is dat hierdie hawestad, Biblos, die tuiste van die Fenisiese songod was en vernoem is na die godin, Byblis - ook genoem Byble of Biblis - die kleindogter van Apollo.  Waarom sou ons die Skrif (wat deur Yahweh self “ingegee” of “ge-adem” is - 2 Tim 3:16) vernoem na die kleindogter van die songod Apollo?

 

Testament 

Die Griekse woord “diatheke” wat soms in die Nuwe Verbond geskrifte gebruik word, is sonder enige twyfel ‘n voortsetting van die konsep van die “verbond” wat gereeld in die Ou Verbond geskrifte gebruik word.  Tog is daar baie vertalings van die Skrif wat “diatheke” met “Testament” vertaal.  Sommige vertalings vertaal dit deurgans met “verbond”, maar noem nog steeds die eerste gedeelte van die Skrif “Ou Testament” en die tweede gedeelte “Nuwe Testament”.  Die implikasies daarvan om van “Testament” in plaas van “Verbond” te praat, strek baie verder as wat ‘n mens sou dink.  ‘n Verbond is ‘n wedersydse ooreenkoms waarin ‘n mens deur ‘n eed verbind is.  ‘n Testament, aan die ander kant, is ‘n “written instrument by which someone has disposed of his estate”.  Die vervanging van “verbond” met “testament” het gelei to twee van die kernprobleme van die Christelike geloof.  Aan die een kant word die Vader gesien as Een wat van sy eiendomsvolk (Israel) afstand gedoen het en vir Hom ‘n nuwe “volk” (die kerk) gekies het.  En aan die ander kant word die verhouding met die Vader gesien as een waarin daar slegs (genade op genade) ontvang word en geen verpligting ten opsigte van gehoorsaamheid is nie.  Hierdie siening het rampspoedige gevolge vir die geloof. 

 

Kruisig / Crucify 

Ons wil hier volstaan met twee aanhalings, na aanleiding van die feit dat meeste Bybelvertalings die Griekse woorde “stauros” en “stauroo” (heel waarkynlik verkeerdelik) met “kruis” en “kruisig” vertaal het: (1) “STAUROS denotes, primarily, an upright pole or stake ... Both the noun and the verb stauroo, to fasten to a stake or pole, are originally to be distinguished from the ecclesiastical form of a tow-beamed cross. The shape of the latter had its origin in ancient Chaldea (Babylon), and was used as the symbol of the god Tammuz (being in the shape of the mystic Tau, the initial of his name) ... By the middle of the 3rd century A.D. the churches had either departed from, or had travestied, certain doctrines of the Christian faith. In order to increase the prestige of the apostate ecclesiastical system pagans were received into the churches apart from regeneration by faith, and were permitted largely to retain their pagan signs and symbols. Hence the Tau or T, in its most frequent form, with the cross piece lowered, was adopted ...." (Vine's Expository Dictionary of New Testament Words) (2) "crosses were used as symbols of the Babylonian Sun-god ... It should be stated that Constantine was a Sun-god worshipper ... The evidence is thus complete, that (Messiah) was put to death upon an upright stake, and not on two pieces of timber placed at any angle" (Dr. Bullinger, The Companion Bible)

[Die inligting vervat in hierdie artikel kan onder meer geverifieer word in bronne soos The Final Reformation deur Dr Chris Koster, The Two Babilons deur Alexander Hislop en Vines’s Expository Dictionary of Biblical Words]