Die betekenis van Yaaqov se worsteling met die Engel van Yahweh - Bereshit / Genesis 32
1.
Wat die deurtrek deur die
Jabbok beteken – die woord wat hiervoor gebruik word, is “avar” (kom 5 maal voor
van vers 21-23 en nog een maal vers 31 - vgl. Scriptures) – “to pass over, to
cross over, to pass beyond” – Dui daarop dat daar ‘n nuwe bedeling vir Yaaqov
aangebreek het – Hy staan op die drumpel van een van die grootste
oorgangsperiodes van sy lewe – oorgang van “doen jou eie ding, ten alle koste”
na “doen niks as Yahweh se seën nie daarop rus nie” – vgl. vers 26: “Ek sal U
nie laat gaan tensy U my seën nie” – om by hierdie punt te kom, moet mens soms
bereid wees om alles wat vir jou kosbaar is, te laat gaan en “alleen” in Vader
se teenwoordigheid te kom (vers 24).
2. Wat die worsteling beteken – drie woorde word hiervoor gebruik: “abaq” (in die stof worstel - dieselfde woord waarvan “Jabbok” waarskynlik afgelei is); “yachol” (in staat wees om vol te hou) en “sarah” (oorwin met die krag van ‘n prins) – dui op die verskillende fases van ‘n lewe van oorwinning – byna soos trappe van vergelyking – die ontvang van Yahweh se seën was vir Yaaqov so belangrik dat hy bereid was om daarvoor in die stof te worstel en vuil gesmeer te word – sy eie inset, wilskrag, begeerte, volharding word sterk beklemtoon (“yachol” se basiese betekenis is “to be able; to endure; to prevail) – Omdat hy bereid was om te volhard, gee Yahweh hom die oorwinning – “Ek is tot alles in staat deur die Messias (die Prins) wat my krag gee” – Sy nuwe naam “Yisrael” beteken “oorwin met die krag van Elohim”.
3. Wat die besering wat Yaaqov oorgehou het, beteken – die besering was aan sy bobeen / dy / lies (“yarech” = “to be soft; thigh, loins”) – moontlik dui dit daarop dat Yahweh die “sagte” of “swak” plek van Yaaqov se mondering wou laat uitstaan, sodat hy voortdurend herinner word daaraan dat hy van Yahweh afhanklik is – die volgende woorde word ook in verband met sy besering gebruik: “yaqa” (vers 25: to dislocate, to impale; to hang up); “tsala” (vers 31: to curve, to limp, to halt - dieselfde stam word vir “rib” en “sykant” gebruik) en “nasheh” (vers 32: fail; cripple; shrink – van die stam “nashah”: to forget, neglect) – hierdie drie woorde dui op die swaarkry (adversity) wat Yaaqov (en sy nasate) hier op aarde moet beleef sodat hulle nooit hulle oë van Yahweh sal wegneem nie – let op die ooreenkoms met wat met die Messias gebeur het (veral “yaqa”).
4. Wat die besering van Yaaqov op ‘n dieper vlak beteken, veral die feit dat hy na die voorval “mank” (“tsala”) was – Dieselfde woord word in die volgende verse gebruik:
Ps 35:15: Maar as ek struikel (tsala), is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
Ps 38:16-17: Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my! Want ek is klaar om te val (tsala), en my smart is altyddeur voor my
Jer 20:10: Want ek het die skindertaal van baie gehoor ... al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val (tsala) ; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem
Miga 4:6-7: In dié dag, spreek Yahweh, wil Ek versamel die wat kreupel (tsala) is, en bymekaarmaak wat verdryf was ... dan sal Ek die wat kreupel (tsala) was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie.
Tzeph 3:19: Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel (tsala) is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot 'n lof en tot 'n roem wie se skande oor die hele aarde was.
Die boodskap wat uit hierdie gedeeltes na vore kom is dat die bruid van die Messias (hulle wat uit die rib [tsala] van die mensdom geneem is en eenkant geplaas is) dikwels deur swakheid, ellende en mankheid (tsala) gekenmerk word, en dat die wêreld boonop met opgehoue asem wag vir haar val (tsala), maar dis juis hierdie eienskap wat maak dat sy haar verwagting stel in die Almagtige en kan uitsien na daardie dag wanneer Yahweh hierdie oorblyfsel (tsala) sal bymekaarmaak, sal red en sal maak tot ‘n magtige volk!